Time Travel – Kraai River

 
 

Written in Afrikaans, as it comes from the source document.

Die Kraairivier wat deur hierdie distrik vloei het ‘n eienaardige geskiedenis. Die oorspronklike naam was Greyrivier, en is genoem na *Luitenant-Generaal Henry George Grey, wat bevelhebber oor die troepe was ten tyde van Goewerneur du Pre Alexander Graaf van Caledon.  Die heer Theal gee ‘n beskrywing omtrent die ontdekking van hierdie rivier o.a. uit die dorp Graaff-Reinet het Kol. Collins, amper reg noordwaarts gereis na die Oranjerivier.  Hy het toe stroom opwaarts gegaan en op die 3de Februarie1809 het hy ‘n rivier van aanmerklike grootte gesien wat sy waters in die Oranjerivier ontlas aan die oorkant van waar hy gestaan het (waarskynlik die Caledon).  Op die 7de het hy by ‘n stroom gekom wat van die suide vloei, wat hy Greyrivier genoem het, dog dit is nou bekend as Kraairivier.  Die Engelse uitspraak van G in Grey het heel moontlik iets met die verbastering van die naam te doen.

*Luitenant-Generaal Henry George Grey is nie dieselfde persoon as Sir George Grey wat op ‘n latere stadium Goewerneur van die Kaap was nie.

* Lieutenant-General Henry George Grey is not the same person as Sir George Grey who was the Governor of the Cape at a later stage.