Time Travel – Cornelius Willem Cloete (Zoontjie)
The Death Register refers to him as Cornelis Willim Cloete and comments: “‘n Kerksman”.
Die Cloete Familie – Cornelius Willem (Oom Zoontjie) was die erfgenaam van Bamboeshoek.
(Hy, sy eerste 2 vrouens, en almal sy kinders en hulle gades, behalwe Alida Elizabeth Johanna en haar man, F van Coppenhagen, is begrawe in die kerkhof op Bamboeshoek).
Oom Zoontjie wat op die ryp ouderdom van 73 jaar oorlede is, was ‘n alombeminde en gerespekteerde persoon. Een van sy kennisse het hom tipeer as ‘n ware “ou gentleman”; besadig, eerlik en ‘n goeie mens. Hy was dan ook op ‘n stadium deur sy gemeenskap vereer toe hulle hom as hul verteenwoordiger gestuur het na die ou Kaapse Parlement (MLA). Hy en JW Sauer (later Minister) en prokureur te Aliwal-Noord, het die Aliwal-Noord/Albert kiesafdeling gesamentlik verteenwoordig.
Oom Zoontjie het in sy leeftyd ook diep moes drink uit die kelk van lewensbeproewing. Nie alleen het hy sy eerste vrou op die jeugdige ouderdom van slegs 51 jaar in 1917 aan die dood afgestaan nie, maar moes hy ‘n jaar later met die griep-epidemie van 1918, sy tweede oudste seun op die jeugdige ouderdom van 27 jaar aan die doodafstaan. En drie jaar daarna in 1921, moes hy sy twee jongste seuns binne een dag na mekaar, op die ewe-jeugdige ouderdomme van 27 en 25 jaar na die graf dra.
En asof die man se beker nog nie vol genoeg was nie; vyf jaar daarna, in 1926, moes hy ook sy tweede vrou, op die ewe jeugdige ouderdom van slegs 61 jaar, in die Bamboeshoek-dode-akker gaan wegbere.
‘n Mens kan net verbysterd staan by die onmeetlike loutering wat hierdie man in sy leeftyd moes verwerk.
Oom Zoontjie was dan ook om verstaanbare redes ‘n diep christenmens en het ook ‘n leidende rol gespeel in kerklike aangeleenthede. Hy het gedien op die kerk se boukomitee, met die bou van Lady Grey se nuwe kerk.
Hy was soos ook te wagte, ‘n suksesvolle boer en ‘n welgestelde man. Gedurende sy leeftyd, en waarskynlik met die oog op sy 4 seuns se toekoms, het hy ook die plase Karringmelkspruit, Ossa, Nooitgedacht en Theefontein (die De Wet plaas) bygekoop.
Hy en sy eerste vrou had 5 kinders, 4 seuns en 1 dogter; geen kinders uit die 2de en 3de huwelike nie.
Death (11 Jul 1930):
According to the Death Register, he was 73 years and 2 months old when he died. The Death Register comments: “Beroerte – ‘n Paar jaar lydende. Siekbed v. 15 dae.”