Time Travel – Bridge on the River Kraai

Floukraal en Omgewing 1950 – 1963
This interesting article was written by Pieter Buys and sent to me by this brother Fanie after Pieter’s death. It gives us insight into daily life of the small community of Floukraal, near Lady Grey, in the Eastern Cape Highlands. This article is published in honor of Pieter and his wish that his recollections should be passed on to his “people”. Floukraal – Die Verhaal
Hierdie interessante artike is geskryf deur Pieter Buys en na sy dood aan my gestuur deur sy broer Fanie. Dit gee insig in die allerdaagse lewe van die gemeenskap van Floukraal naby Lady Grey in die Hooglande van die Oos Kaap. Die artikel word ter ere van Pieter Buys gepubliseer. Dit was sy wens dat sy herinneringe behoue sal bly en met sy “mense” gedeel sal word. Floukraal – Die Verhaal
In Pieter Buys se eie woorde:
Die skrywer is in 1950 in daardie wêreld gebore. Ek bly en boer die laaste 20 jaar in Jansenville en sal seker hier doogaan. Dikwels dink ek terug aan Floukraal, die wêreld van my kinderjare, en as die nostalgie te erg word, gaan kuier ek daar en besoek al die bekende plekke en oorblywende kennisse en familie. Met my laaste besoek in September 2000 het ek besluit: die leefwyse en dinge van die mense van Floukraal (oorspronklik Flaauwkraal) gedurende my kinderjare moet opgeteken word vir my nageslag, vandaar hierdie boekie. Ek hoop dat op hierdie wyse so ‘n ietsie van Floukraal en sy mense behoue sal bly. Lees nou verder…